BioMinerale is 'n ISO 9001 gesertifiseerde maatskappy wat spesialiseer in die bemarking en vervaardiging van kalsiumfosfate, spesialisaanvullings en konsentrate van gehalte vir die veebedryf.
Beperkte volvoerprodukte word ook vervaardig om spesiefieke nismarkbehoeftes te voorsien.
Ons onderskei ons in die mark deur individuele boerdery - produksiedoelwitte en omgewingsfaktore in ag te neem - wat ons in staat stel om doelgerigte aanbevelings te maak.
Hierdeur verseker ons maksimale ekonomiese volhoubaar - heid vir ons kliënte.
Ons voldoen deurgaans aan wetlike vereistes en nywerheidspraktyke.
Uitnemendheid word verseker deur:
- Praktiese advies
- Kundige personeel
- Persoonlike betrokkenheid
- Volgehoue opleiding en navorsing
- Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid
- Proaktiewe reaksie op marktendense
- Tegnologies ontginning
- Integriteit
BioMinerale streef volhoubare groei na deur van optimale produksieprosesse, gehaltediens en betroubare produkverskaffers gebruik te maak.
BioMinerale se leuse:
MONITOR, VERGELYK EN VERBETER word deurgaans deur ons maatskappy toegepas en verseker dat ons jou LEWENSLANGE VENNOOT IN WINSGEWENDE BOERDERY IS!