Chicken / HoenderPig / VarkCow / KoeiHorse / Perd    
Rooi
English Who are we? / Wie is Ons? News / Nuus Contact / Kontak
 

Nuus / News

Kalsiumfosfate vir dierevoer

Inleiding

Dit is standaardpraktyk vir enige moderne voerfabriek om voersamestelling te optimaliseer vir die maksimum vereiste voedingswaarde teen die laagste moontlike koste. Voedingskundiges gebruik gesofistikeerde formulasie-sagteware om dié doelwitte te bereik, maar weens die onvermydelike teoretiese aard van hierdie formulasie-sagteware (kyk net na die verskillende matrikse wat beskikbaar is) en praktiese oorwegings in die fabriek (word die grondstowwe so akkuraat toegedien as wat geformuleer is?) speel goeie oordeel en 'n werklike begrip van grondstofeienskappe ook 'n belangrike rol. In dié konteks bespreek die artikel die rol van kalsiumfosfaat in veevoer.Tradisioneel is lekke in twee kategorieë verdeel – lekke vir die groen en lekke vir die droë seisoen. Veediëte is aangevul met fosfate wanneer die gras jonk en groen was, en proteïen is verskaf wanneer die veld droog en ryp was.

Al die voerfosfaat in die vorm van kalsiumfosfaatprodukte (MAP word ook gebruik) word vervaardig deur 'n kalkbron met fosforsuur te neutraliseer tot 'n pH van 3 tot 4. Vir alle praktiese doeleindes gebruik kalsiumfosfaatverskaffers in Suid-Afrika dieselfde fosforsuurbron, maar die kalkbron en die metode van neutralisasie verskil. Hierdie verskil kan aanleiding gee tot 'n verskil in die molekulêre samestelling van die kalsiumfosfaat wat vervaardig word.

Chemiese samestelling en kwaliteit van Biofos21

Die kwaliteit van voerfosfate, gewoonlik kalsiumfosfaat, word in terme van oplosbaarheid, verteerbaarheid en/of biobeskikbaarheid beskryf. Hierdie terme is tegnies nie dieselfde nie, maar verwys na dieselfde begrip.

Die kwantifisering van die verteerbaarheid kan as 'relatiewe' of 'werklike' basis uitgedruk word:

  • Relatief waar 'n produk se verteerbaarheid relatief (as %) tot 'n verwysingsbron soos natriumfosfaat, uitgedruk word. Natriumfosfaat word as 100% verteerbaar beskou.
  • Werklik waar die produk se werklike verteerbaarheid as % van die totale P in die produk uitgedruk word.

In die neutralisasieproses word die volgende verskillende molekulêre vorms van kalsiumfosfaat gevorm afhangende van die proses.

  • Monokalsiumfosfaat (MCP) wat as wateroplosbare P-fraksie (PWO) bekend staan en in water oplosbaar is.
  • Di-kalsiumfosfaat (DCP) is nie in water oplosbaar nie, maar wel in 2% sitroensuur of 0,1% soutsuur. Die suuroplosbare P-fraksie (PSO) bestaan dus uit die MCP en DCP. DCP word dus bepaal as PSO minus PWO.
  • Trikalsiumfosfaat (TCP) word deur die ammoniumsitraat-oplosbaarheid (ASOP) van die voerfosfaatproduk bepaal. Biofos21 bevat geen trikalsiumfosfaat nie.
  • 'n Vierde fraksie, byvoorbeeld Al-fosfaatverbinding wat onoplosbaar en dus ontoeganklik vir diere is, kom slegs voor wanneer daar metale in die verbindingsproses is.

Die teenwoordigheid van kristalwater in die DCP het 'n verdere invloed op die verteerbaarheid daarvan. Die anhidraat-vorm (sonder water) is minder verteerbaar. Die proses waardeur alle kalsiumfosfate wat in Suid Afrika vervaardig word, veroorsaak dat die eindproduk uit 'n mengsel van MCP en DCP bestaan en daar word dus na MDCP verwys. Die wateroplosbaarheid is 'n aanduiding van die grootte van elke fraksie in 'n betrokke monster.

Die PSO dien as 'n prakties bepaalbare metode om die relatiewe verteerbaarheid van 'n kalsiumfosfaat te bepaal. Die PSO sluit die MCP én DCP in en moet >90% wees. Dus moet >192g van die 213g P per kilogram P21 in 2% sitroensuur oplosbaar wees. Teoreties dui die PSO aan watter P in die spysverteringskanaal oplosbaar, dissosieerbaar en beskikbaar of verteerbaar is. Die PSO dui ook aan watter P in die produk TCP of ander onoplosbare molekulêre vorm het.

Hierdie syfer verskil van die in vivo- (in die dier) bepaalde metode wat die werklike verteerbaarheid bepaal. Die volgende tabel dui die jongste gesaghebbende onderskeiding in die in vivo-verteerbaarheid van die onderskeie molekulêre vorms van kalsiumfosfaat aan:

Fosfaat Totaal g P/kg Pluimvee Varke
% verteer-baarheid g verteer-bare P % verteer-baarheid g verteer-bare P
MCP 229 85 195 90 206
MDCP 219 83 182 80 175
DCP2H2O 182 80 146 72 131
DCP0H2O 202 70 141 65 131
DCP0 H2O 180 70 126 65 117
DFP(CaNaP) 180 55 99 60 108

Tabel 1
Bronne: CLO (Gent, B), CVB (Nl), ID-TNO (Lelystad, Nl), Tessenderlo Group

Die verskil in die chemiese samestelling van Biofos21 teenoor ander soortgelyke P21-produkte is hoofsaaklik ten opsigte van die wateroplosbare P-inhoud.

Die invloed van bogenoemde tabel op die teoretiese verteerbare % van Biofos21 vs die voorste konkurente is soos volg:

  Biofos21 Konkurente
MCP-inhoud (PWS),% 55 70
DCP-inhoud (PAS-PWS),% 40 26
Ander P (PTOT-PAS),% 5 4
PAS van MDCP (%) 95 96
Totale P 12.12+8.02+1.2 = 21.34 16.03+5.25+.88 = 22.16
Verteerbaarheid (%) 30+42 = 72 60+18 = 78

Tabel 2

Die tabel word só geïnterpreteer:

  • Die MCP-fraksie (85% verteerbaar) van Biofos21 is ongeveer 80% van die konkurrent.
  • Die PSO is effektief dieselfde op 95 tot 96%
  • Die DCP van albei produkte is in anhidried-vorm aangesien albei prosesse chemiese of ander eksterne hitte gebruik om die finale produk te droog.
  • Op grond van bogenoemde verwagte chemiese samestelling behoort die totale P van Biofos21 21.34% te wees en die konkurent 22.16%. Eersgenoemde stem ooreen maar laasgenoemde stem nie ooreen nie. Die rede vir hierdie verskil is nie duidelik nie.
  • Die teoretiese verteerbaarheid van die twee produkte, volgens die ID-TNO- (Lelystadt) model is onderskeidelik 72 en 78%.

Die insluiting van anorganiese fosfate is slegs 25 tot 30% van die totale P in die rantsoen vir hoenders (braaikuikens en lêhenne). Hierdie insluitingspeil het die afgelope jare selfs verminder met die bekendstelling van die ensiem fitase wat die organiese vorm van P (fitiensuur) aan die enkelmaagdier beskikbaar stel en 'n groter bydrae tot die totale P-poel in die liggaam lewer.

Die verskil in P-vertering tussen Biofos21 en konkurente word dus tot onbepaalbare hoeveelheid beperk en dit bly 'n teoretiese oefening wat nie deur chemiese analise bepaal kan word nie.

Gebruik van fitase

Op 'n onlangse simposium oor fosfaatverbruik is die verskillende benaderings wat gebruik word om fosfaat te evalueer bespreek deur dr. Markus Rodehutscord. Hy het uitgewys as jy die korrekte waardes van P weet en gebruik, het dit 'n direkte impak nie net op diereproduksie nie, maar ook op P-opbou in die omgewing. Volgens hom is daar nie 'n standaardmanier om 'n P-waarde mee uit te druk nie en tot dan sal daar verwarring heers en diere behoefte aan P kan eintlik nie neergelê word nie.

Die verskil in die verskillende stelsels word deur Plumstead en Brake opgesom in die volgende tabel:

Term Definisie Waarde in 'n tipiese telerdieet (g/kg) en relatief (%)
Totale fosfor (P) Geanaliseerde totale P in die dieet 6.3 (100)
Nie-fitase P (NPP) Geanaliseerde totale P minus die P van fitase 3.8 (60.0)
Beskikbare P (AvP) Biobeskikbare P bepaal deur die gebruik van 'n biobeskikbare P bepaal met 'n dalende-verhouding toets en uitgedruk relatief tot monokalsium P 4.0 (63.5)
Opneembare P (OPL) Behoue P-stelsel vir lêhenne deur die CVB (1997) 3.6 (57.0)

Table 3

Die beskikbaarheid van P in die liggaam word deur verskillende faktore beïnvloed:

  • Roumateriaalsamestelling van die rantsoen wat die totale organiese P bepaal.
  • Die insluiting van fitase om hierdie organiese vorm van P aan die dier beskikbaar te stel ofverteerbaar te maak.
  • Voldoende anorganiese P-sluiting om die tekort aan bogenoemde aan te vul.
  • Voldoende Vitamien D-insluiting wat die metaboliseerbaarheid van P in die liggaam reguleer.
  • Korrekte P:Ca verhouding in die totale voer. 'n Oormaat Ca gee aanleiding tot herbinding van P in die spysverteringskanaal, en dus swakker P- benutting/verteerbaarheid.

Volgens 'n 2009 artikel deur drs. Michael Bradford en Aaron Cowieson wat in World's Poultry Science Journal gepubliseer is, behoort die fitaat molekule beskou te word as 'n anti-nutriënt weens meer redes as sy effek op P-verteerbaarheid. Dit is ook 'n baie aktiewe chelator van minerale en verlaag ook pepsinogeenafskeiding in die maag. Dit is belangrik om al hierdie effekte in formulasie te akkommodeer en voorsiening te maak vir die effekte soos wat ons dit beter en beter verstaan.

Die korrekte gebruik van fitase is belangrik om maksimum, en selfs nie 'n negatiewe, invloed op die verteerbaarheid ofbenutbaarheid van die totale P in die liggaam te behaal:

  • Die insluiting van fitase is nie direk eweredig aan die vrystelling van organiese P nie. Dus, dubbel die dosis sal nie dubbel P vrystel nie.
  • Die gebruik van fitase stel nie net organise P vry nie, maar ook ander minerale en aminosure. 'n Oormaat fitase kan sodoende 'n oormaat Ca vrystel wat tot 'n wanverhouding in Ca:P aanleiding gee en die P se verteerbaarheid inhibeer. Fitase-effektiwiteit in die dieet word deur die Ca:Beskikbare P-verhouding beïnvloed. Die beste effektiwiteit word verkry wanneer die verhouding kleiner is as 2.2:1. Wanneer die Ca-vlak van braaikuiken-aanvangsvoer verhoog word deur Ca in die voer of water, verander die verhouding as volg:

    • Ca @ 10g/kg en AP 4.5g/kg (Ca:AP - 2.22:1)
    • Ca @ 12g/kg en AP 4.5g/kg (Ca:AP - 2.67:1)

  • Fitase se reaktiwiteit word negatief beïnvloed waar die Ca:P-verhouding sekere kritiese perke oorskrei en kan maklik die aanleidende faktor tot swak P-benutting wees - veral waar rantsoene gebruik word wat van plantaardige proteïenbronne, en dus van fitase, afhanklik is.
  • Die foutiewe aanwending van fitase het wêreldwyd voorgekom tydens die drastiese styging in pryse gedurende 2007-'08 in 'n poging om die anorganiese P-bronne met fitase te vervang.
  • Nuwe feite wat onlangs meer verstaanbaar geword het rondom die werking van fitase is dat dit Na vrymaak vir gebruik deur voëls en dit veroorsaak dat die formulasie spesifikasie verhoog moet word na 0,3g. Sedert die gebruik van fitasie is baie beddegoed-probleme ondervind wat hierdeur verklaar kan word.

DIE WENRESEP VIR VEEPRODUSENTE
Winter 09 - Aanvulling van koei diëte
Somer Nuus 2008-09
Lente Nuus - 2008
Winter Nuus - 2008
Laat Somer Nuus - 2008
Somer Nuus - 2007/08

 


Contact / KontakHome / Tuis

Koeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, Sheep
   
 

© December 2007 [ Biominerale ] All rights reserved | Design and Maintenance by The Pixel Zoo |