VERVAARDIGING & KWALITEITBEHEER
Bio-Minerale vervaardig MDCP vanuit die basiese grondstowwe van fosforsuur en kalk. Die proses word deur 'n 'Program Logic Controller' (PLC) beheer waar akkuraat rekord gehou word van die hoeveelheid grondstof wat in elke lot gebruik is.
Om herhaalbaarheid te verseker monitor die PLC parameters soos temperatuur, sodat daar deurlopend binne die vooropgestelde parameters vervaardig word.
Elke lot word deur ons interne laboratorium getoets en die resultate word gebruik om 3-4 lotte te kies om te vermeng sodat die vermengde lot die verlangde eienskappe sal hê. Van die vermengde lot word monsters uit elke sak geneem en die verteenwoordigende monster word weer ge-analiseer.
Elke sak (50 kg of massa sak) word deur 'n unieke lotnommer geïdentifiseer en die resultate van enige lot kan te enige tyd aangevra word. 'n Kwartaallikse kwaliteit verslag is beskikbaar.











