Somer (Des - Feb)
In die Hoëveld strek die werklike somertydperk van drie weke na die eerste reën van die seisoen tot die eerste tekens van koue, gewoonlik middel Februarie. Dit is 'n uiters kort tyd waar die veld groen, sappig en smaaklik is, sodat hoë innames van die veld verkry kan word. Terwyl gras in die groeiende fase is voordat dit begin saadskiet het dit 'n hoë proteien- en energieinhoud, en is ook hoogs verteerbaar.Meer Inligting
Laat Somer en Herfs (Feb - Apr)
Die gras begin nou volwasse raak. Gras is tipies net voor die saadskiet stadium (die pluime is reeds gevorm en die gras is steeds groen op die basis). Daar is baie droë materiaal beskikbaar en die smaaklikheid van die ruvoer is goed. Die proteien-beskikbaarheid is egter verlaag.Meer Inligting
Herfs en Winter (Apr - Jun)
In die Hoëveld is dit die tydperk waarin die eerste ryp mag voorkom maar die stand van die natuurlike veld is gewoonlik nog baie hoog. Die natuurlike gras se droë materiaal-beskikbaarheid is nog genoeg maar met saadvorming vind translokasie van die voedingstowwe vanaf die blare na die wortelstelsel plaas. Proteienwaarde daal tot so laag as 2% wat duidelike tekorte sal veroorsaak as in ag geneem word dat die rumenmikrobes minstens 8% proteieninname benodig vir hulle lewensvatbaarheid. Aangesien die stimulasie van 'n gesonde populasie van rumenmikrobes krities belangrik is vir die doeltreffende benutting van ruvoer, is dit voor die hand liggend dat voldoende aanvulling van proteiene noodsaaklik is.Meer Inligting
Laat Winter en Lente (Jul - Nov)
In die Hoëveld is alles nou droog en vaal, in baie gevalle gebrand. Die volume droë materiaal is min terwyl verhouting en verharding van die stamme ook ingetree het. Die weiding is onsmaaklik en verteerbaarheid en innames neem baie af. Daar is nou energie-, proteien- en fosfaattekorte wat voorkom.Meer Inligting
Wildslek
Aangesien vrye beweging van wild oor vrye areas ingeperk is deur die ontstaan van wildplase, moet diere hulle vrywillige inname-patrone aanpas tot beperkte beskikbare plant spesies. Tekorte aan proteiene, makro- en mikrominerale ontstaan dus wat deur middel van lekvoeding aangevul moet word..Meer Inligting












