Chicken / HoenderPig / VarkCow / KoeiHorse / Perd    
Rooi
Afrikaans Who are we? / Wie is Ons? News / Nuus Contact / Kontak
   

Nuus / News

Somernuus 2007/08

Biominerale se Fosfaat aanvullings Gids

Die nat seisoen het aangebreek en daarmee saam die mees produktiewe tyd vir speenkalf produseerders met veld kwaliteit wat dramaties verbeter het in vergelyking met die wintermaande. Dit is te verwagte dat diere nou baie beter sal vaar, behalwe dat forfaat tekorte produksie sal beperk, aangesien meeste van Suid Afrikaanse gronde se tekort aan fosfaat baie bekend is.

FOSFAAT AANVULLING SAL:

VERHOOG:

  • Jong diere se groei tempo dus speenmassa
  • Teelkoeie se melk produksie
  • Aantal kallers gespeen
  • Aantal kalwings
  • Liggaamskondisie
  • Konsepsie
  • Skelet Sterkte (Bros skelet agv onttrekking van minerale vanuit die skelet)
  • Voerinname

VERLAAG:

  • Pika (aan rondle bene kou)/Grond vreet
  • Mortaliteite
  • Vreetlus / Voerinname
  • Lamsiekte

FUNKSIES VAN FOSFAAT:

Fosfaat is die enkel komponent in voeding met die meeste metaboliese funkies.

Mikrobiese groei
Sellulose en hemisellulose vertering
Absorpsie van verteringseindprodukte
Ensiemreaksies
Energiemetabolisme
Reguleer pH in liggaam
Bestanddeel van bene en tande
Deel van die selwandstruktuur
Bevorder eierselontwikkeling & funksionering (Vrugbaarheid)

Die mees effektiewe tydperk waanin diere fosfaat stoor en verbruik is as hulle aktief groei met voldoende vlakke van proteien en energie in die dieet. Dit is tydens 'n goeie reenval lente seisoen.

In die Hoeveld is die werklike somer tydperk, drie weke na die eerste reen van die seisoen tot die eerste tekens van koue daar is, gewoonlik einde Februarie tot middel Maart, 'n uiters kort tyd waar die veld groen sappig en smaaklik is sodat en hoë innames van die veld verkry word. Die gras het nou hoë proteïen en energie inhoud en hoë verteerbaarheid.

Suid Afrika se natuurlike veld word algemeen beskou as uiters tekort in fosfaat. Die beste tyd om fosfaat aan te vul is op groen somerveld en aangeplante weiding wanneer diere besig is om goed massa aan te sit. Hoe beter die ruvoer kwaliteit is hoe beter is die effek wat gekry word deur fosfaat aan te vul en die effektiewiteit van benutting. Om fosfaat aan te vul in die winter saam met hoofsaaklik dooie en dormante gras kan massa verlies tot gevolg hê en moet dus net in uiterste gevalle as P lekke in die winter beskikbaar gestel word.

P behoefte van herkouers is ongeveer 18g P/koei/dag en 5 g P/skaap/dag. Fosfaat supplementasie het 'n groot impak op koei / ooi massa, reproduksie en kalf/lam prestasie.

BIO-MINERALE P LEK (P12 en P6) is 'n fosfaat spoormineraal konsentraat wat noodsaaklike spoorminerale in die korrekte verhouding tot fosfaat bevat. Molasse insluiting maak dit baie smaaklik en stofvry.

Voerriglyn

Skape                         20 - 45 g/dag
Beeste                       120 - 250 g/dag
Laat Dragtige Koeie    150 - 300 g/dag
Lakterende Koeie       150 - 350 g/dag


Aflaai Somernuus 2007/08

  Contact / KontakHome / Tuis
Koeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, SheepKoeie, Skaap / Cow, Sheep
   
 

© December 2007 [ Biominerale ] All rights reserved | Design and Maintenance by The Pixel Zoo |